←
Rapport45,342 posts
Rapport avatar

Rapport

@RapportSA

Toonaangewende Suid-Afrikaanse Sondagpublikasie LEES HIER: linkstre.am/Rapport

◷ Joined February 2010▧ 8,277 Photos and videos
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·7h

In dié week se episode van Rapport Praat Sport bespreek ons Rassie Erasmus se jongste uitlatings en gevolglike skorsing. 🔗LUISTER MEER DEUR SPOTIFY: brnw.ch/21x7auV

0:27
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·8h

’n Duidelik onwettige kniel-duikslag deur die Franse flank Francois Cros op die Hane se kwartlyn twee minute voor die einde van die Springbokke se toets, is een van die 17 verdagte laagvatte wat Rassie Erasmus kwel, verneem Rapport. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x7apL

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·11h

Die oortuiging dat kennis slégs deur natuurwetenskaplike metodes opgelewer kan word, is ’n gevaarlike mistasting, skryf prof. Pieter Duvenage. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x7abF

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·12h

M. John Harrison (81) het pas die oudste wenner tot nog toe van die Bookerprys geword. Nog nooit van hom gehoor nie? Donovan Greeff skryf oor ‘The End of Everything’ – en die wrang, wonderlike wêreld wat vir lesers voorlê. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x7a6j

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·14h

Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), se termyn as lid van Wêreldrugby se uitvoerende raad loop vandeesmaand ten einde. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x79Uo

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 17

Rapport se lesers was beïndruk met die Bomb Squad-voorry se spel teen Frankryk, maar die spelskeppers het teleurgestel. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x78UY

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 17

Frankryk is vandag ’n land onder onhoudbare politieke, ekonomiese en maatskaplike druk. Iets gaan meegee. Die enigste vrae is wat en wanneer, skryf Johann Rossouw. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x78LJ

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 17

Dit is maklik om iemand van samesweringsteorieë te beskuldig, maar sy gewraakte artikel oor die Covid-entstof is op harde werklikhede gegrond, skryf prof. Bert Olivier. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x78D9

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 17

’n Klein keffertjie wat in die huis alarm maak, kan net so waardevol wees soos ’n groot hond buite, skryf Antoinette Slabbert. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x78AT

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 16

Die polisie se span speurders wat 12 van die weermag se spesmaglede weens onder meer moord ondersoek, is glo weens ‘ingryping van bo’ met ’n nuwe span vervang. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x77Ca

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 16

In byna die helfte van die land se vrouemoorde word geen oortreder ooit geïdentifiseer nie, en honderde polisiemanne is self skuldig aan geslagsgeweld. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x77yp

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 16

Die staat spog dat 99% van beskermingsbevele binne 24 uur beteken word. Maar die wet wat moes beskerm, het die oortreder se wapen geword. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x77wo

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 15

Jong tennisspelers uit meer as 15 lande sal van vandag af by die Van der Stel-bane in die Eikestad saamtrek vir die eerste van twee J30-tennistoernooie. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x77oT

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 15

Wat kos dit ’n party om ’n raadslid verkies te kry? Gemeet aan die skenkings wat politieke partye sedert 2024 se algemene verkiesing by die Verkiesingskommissie (OVK) verklaar het, kry nie alle skenkers ewe veel waarde vir geld nie. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x77os

Post attachment
Rapport avatar
Rapport@RapportSA·Nov 15

Die Boland-Kavaliers mag jaarliks net R20 412 000 aan die span bestee – ’n rapsie meer as wat Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende in Japan verdien. 🔗LEES MEER: brnw.ch/21x77nD

Post attachment