
PODSENDING: Suid-Afrika is moeg vir die ANC! Die verkiesing is verby en die stemme is getel, maar die uitslae laat Suid-Afrika op ʼn kruispad. Aan die een kant is daar verligting oor die feit dat die ANC nie meer alleen kan regeer nie. Aan die ander kant bring die uitslae nuwe onsekerheid oor moontlike koalisies. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor die verkiesingsuitslae, wat dit vir Suid-Afrika beteken en hoe ʼn post-ANC-regering moontlik kan lyk. Kyk saam en deel jou mening! youtu.be/iQvVAk7KkGI

